top of page
Search
  • Writer's pictureleandrepiek

'n Kakamas Staaltjie #1

Ek het vreeslik uitgesien om hierdie jaar my beroep in my moedertaal te beoefen. Maar, na 4 jaar se studies in Engels was ek tog effens skrikkerig om dié Afrikaans aan te durf. Met my aankoms in Kakamas het ek n warm gevoel van bekendheid ervaar, en my tong wou praat!


Kommunikasie het vlot verloop, totdat ek besef dat my Afrikaans en die Noordelike Afrikaans nie so eenders is nie. Pasiënte het my sê-dingetjies aangestaar en ek moes gou my "hoege" Afrikaans verruil vir die plattelandse taal.


Kakamas het my woordeskat uitmundlik verbreed. Hier "pee" en "poo" 'n kind nie. Hy "oe" en "aa". 'n Babadoek is 'n "kiembie", en ek weet nogsteeds nie hoekom nie. Die ma' s hier gee een of ander vreemde melk vir hul babas. Elke keer as ek vra wat drink die kind, dan sê hulle "pramme".


Ek: "Watse melk?"

Ma: "Pramme, suster."

Ek: "Wat?"

Ma: (met hewige handbewegings en vreeslike visuele illustrasies) "My pramme!"


Ag ek is tog so bly die baba drink borsmelk, al noem ons dit nou pramme.


Ek geniet die nuwe plek, mense en taal. Elke dag voel ek en my taal al hoe meer deel van die gemeenskap.

14 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page